SIEP SÊ GO TO HELL ‘RYMKLETS’

(lol ma’ ek’s ernstig)
“Soe ek was nooit die slimste in my klassie, ma’ fok’it tot vidag hiessie baie in my klassie.” So vertel SIEP (akroniem vir Siel In Elke Persoon), oftewel Martin Muller, die kunstenaar agte die production company, ILL Major. SIEP is ’n rapper, producer, hip-hop-gemeenskapsaktivis en aanbieder van ’n podcast, Potkaas, en radio show, SiepGlad op Radio Eersterivier.